Текст пісні Parkiebank, Herfs 2017 - Fokofpolisiekar

Parkiebank, Herfs 2017 - Fokofpolisiekar
Інформація про пісню На цій сторінці ви можете ознайомитися з текстом пісні Parkiebank, Herfs 2017, виконавця - Fokofpolisiekar.
Дата випуску: 18.10.2017
Мова пісні: Африкаанс

Parkiebank, Herfs 2017

jy mag jouself dalk vind
in die middel van die dag
op 'n parkiebank sit
en dan dink jy
hoe bekostig hierdie mense hierdie europese karre
en palasale toskanse tronke
jy mag dalk dink in 'n arm land is rykdom 'n skande
maar iemand is altyd ryker as almal anders
jy mag dalk dink, wat doen ek dat ek
in die middel van die dag op 'n parkiebank kan sit
en dan raak ek bly
want wat is daar om te doen
wie probeer ek beindruk?
en dan dink jy by jouself
ek gaan nie my hele lewe lank werk
om eendag niks te kan doen nie
ek sal sommer nou begin
ons doen nooit wat ons se ons gaan nie, nê?
wat maak ons nog hier?
hierdie plek is nie ons sin nie
jou huis is waar jou mense is
my mense het nie tuisland nie
ons doen nooit wat ons se ons gaan nie,
wat maak ons nog hier?
miskien dink jy by jouself
ek is 'n produk, ek is 'n bemarkingsveldtog, ek is 'n kommoditeit
dis nie hoe ek my kinders wil grootmaak nie
die middelklas is 'n buffer en ons moet hier uit
want die honger mense bly nie lank honger nie
die malles het beheer van die malhuis geneem
en kom al hoe nader aan die kluis
in die donker is die blinde een koning
mag onder koning maak mag onder volgelinge?
en die koning bly nie lank op sy troon nie
ek le op die gras en luister lukas maree
ek vermoed die hart werk soos die weeduwee se kruik
haar hart is seer want haar man is dood
en ek kan dit op my vingers tel wat vir my belangrik is
ons doen nooit wat ons se ons gaan nie, nê?
wat maak ons nog hier?
hierdie plek is nie ons sin nie
jou huis is waar jou mense is
my mense het nie tuisland nie
ons doen nooit wat ons se ons gaan nie,
wat maak ons nog hier?
wat maak ons nog hier?
wat maak ons nog hier?
wat maak ons nog hier?
wat maak ons nog hier?
ons doen nooit wat ons se ons gaan nie, nê?
wat maak ons nog hier?
hierdie plek is nie ons sin nie
jou huis is waar jou mense is
my mense het nie tuisland nie
ons doen nooit wat ons se ons gaan nie,
wat maak ons nog hier?

Поділіться текстом пісні:

Напишіть, що ви думаєте про текст пісні!

Інші пісні виконавця:

НазваРік
Wintersdag by Die Seer 2021
Bel Vir Middelvinger 2006
Ek Dink Aan Jou (As Dit Reën) 2021
Ons Is Die Virus 2020
Paranoia 2017
Dagdronk 2012
Verklaar 2020
Lied Van Die Slang 2017
FLVJ 2017
Selfoontoring Van Babel 2017
Morning Star, Durbanville 2006
Vir Altyd 07 November 2006
As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand 2020
Backstage (As Daar Een Is) 2006
Oop Vir Misinterpretasie 2014

Тексти пісень виконавця: Fokofpolisiekar